BRUINBROOD:

600ml witbroodmeel                                                        
560ml volkoringmeel
600ml bruinbroodmeel                                                    
1x10g kitsgis
sout na smaak                                                               
500-750ml warm water

Meng die meel, gis en sout in ‘n groot mengbak. Maak ‘n holte in die meel en voeg 500ml van die water by. Meng met ‘n lepel tot ‘n stywe deeg vorm. As die deeg te styf is, kan nog water bygevoeg word. Knie deeg op ‘n houtplank wat liggies met meel bestrooi is, tot glad en elasties. Vorm die deeg in twee gesmeerde broodpanne, bedek en laat rys tot dubbel die volume. Bak 40-60 minute in ‘n voorverhitte oond by 200C.  Laat op ‘n draadrak afkoel.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 348 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *