Chilli con Carne Diabolo

Sanseveria 
Ongewoonlike’ Chilli met Koffie, Bier, Whiskey en Sjokolade
Bestanddele vir 4 persone
500g maalvleis
3 uie
2 knoffelhuisies
3 chillis (vars of ingelê)
1 peperoni (groen_
1 blikkie mielies
400g tamaties (blik)
200 ml sterk swart koffie
200 ml bier (donker, bv stout)
200 ml vleisaftreksel
1 blok donker sjokolade (25g) gerasper
1 eetl. paprikapoeier (mild)
1 eetl paprikapoeier (skerp)
1 eetl origanum
1 teel chillipoeier
1 teel. komynsaad
1 eetl whiskey
3 blikkies bone (enige)
Olie
Braai die vleis in die olie in ‘n groot pot
Voeg kleingekapte uie, peperoni, chilli en knoffel by en braai liggies
Voeg die mielies ook by en braai kort saam
Giet vleisaftreksel, koffie, en bier daaroor en verdik vir 30 minute
Voeg tamaties, spesrye en sjokolade by en laat op lae hitte ´vir n uur lank liggies laat kook.
Laastens wor die bone met hulle vloeistof bygevoeg en word dit vir nog ´n halfuur laat prut. (Indien dit te dik word kann nog water of vleisaftreksel bygevoeg word)
Die chilli smaak nog lekkerder die volgende dag.
Lekker eet en dink aan my.

 

Ekl het die resep net so gecopy. My sus in switserland het dit vir my gestuur. Ek het dit al gemaak en dis vir my heerlik!
(Visited 206 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui