Daai pastaslaai waaroor almal so gek is (1)

http://skoorkos.wordpress.com/2008/04/15/daai-pastaslaai-waaroor-almal-so-gek-is/

15
APR
My liewe antie Merie stuur vir my ‘n ton resepte per epos.  Ek moet dit deurkyk, en dan plaas na goeddunke.  Antie Merie is ‘n besige vrou, ek ook.  Maar soms kan ‘n ou maar ‘n tydjie opsy sit om reseppies deur te gaan – maak tog asb net seker jou maag is vol, want resepte lees, is soos shopping sonder brekvis onder die ribbes:  fataal!
Die Noedelslaai wat jy altyd by iemand anders eet en wens jy kon die leftovers huis toe vat…
Neem een pak (500g) skroef- of skulpnoedels en kook soos jy pasta sal kook.
Kap ‘n kleinerige ui baie fyn, en sny ‘n groenrissie (greenpepper) in pikante klein blokkies.  As jy ‘n oortuigde avonturier is, neem ‘n halwe huisie knoffel, maak dit so fyn dat jy nie dit kan identifiseer nie, en gooi by die ui en rissie – meng deur.
Gooi die pasta in ‘n glas of plastiek houer – nie metaal, chemiese reaksies sal plaasvind met die bestanddele, en die volgende oggend het jou voortande dalk uitgeval van proe aan die kos!
Gooi die rissie, ui, en knoffel by, en meng deur.
Neem, meet, en voeg bymekaar in ‘n aparte mengbakkie:  125ml asyn, 200ml witsuiker, 250ml tamatiesous, 125ml sonneblom olie, 25ml matige kerriepoeier, ‘n paar druppels Tobasco.
Meng deur tot die suiker nie meer ‘kirts’ onder in die mengbakkie nie, en giet oor die noedels.
Bedek met kleefplastiek, en luister nou mooi:  laat staan vir ten minste 24 uur.  En roer die slaai so ‘n keer of wat gedurende die wagtyd.
Val weg en eet jou eie slaai, en eet jou eie leftovers, en lek die bak met jou vinger uit.
O, Vernon Koekemoer sou chillies ingekap het.  Ek sou ook.  Sal jy?

Nota

Ek het laasweek die slaai gemaak en ek kan net sê dat dit ‘n 5 ster Liplekker resep is

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 158 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *