Eksodus 2:24

Vrydag 25 Julie 2014 Tema: Ek het gedink….5
****My eie woorde
****Dink jy God gee nie om nie, inteendeel Hy weet nie eers van
jou nie. Israel vanouds het ook so gedink. Sê vir my , as enige
persoon in opregtheid na jou toe kom en sê: Asseblief , ek is in
hierdie of daardie nood en jy is in die vermoë…sal jy hom/haar
help? Natuurlik!!! Hoeveel te meer as ek en jy in opregtheid na
ons SKEPPER toe gaan, ons is mos Syne. Kom ons erken Hom
opnuut vandag. Sit vir ‘’n oomblik en dink hoe die HERE jou
gehelp het tot hiertoe en loof Hom vandag daarvoor.
Eksodus 2:24  En God het hulle gekerm gehoor, en God het
gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob.
Psalm 78 :42  Hulle het nie aan Sy hand gedink, aan die dag
toe Hy hulle van die teëstander verlos het nie;
Psalm 100
1  ‘n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde!
2  Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met
gejubel.3  Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en
ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.
4  Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof
Hom, prys sy Naam.5  Want die HERE is goed; sy
goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot
geslag.
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848

DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 96 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *