Jesaja 7:14 Tema: Ek het gedink

Donderdag 24 Julie 2014 Tema: Ek het gedink….4
****My eie woorde
****Daar is ‘n liedjie wat Jan de Wet sing…Wie sou kon
dink….dat hierdie Kind…Ja, wie sou ooit kon dink dat ‘’n maagd
sou swanger raak… met die Seun van die Lewende God. Dink
vir ‘’n oomblik …een oomblik staan Hy nog in die hemel by mede
engele …dalk moes hulle groet want hy is hulle Meester. Dan
die volgende oomblik is Hy weg en is Maria swanger Sjoe, dis te
groot vir ons verstandjies om te begryp. Tog bly die grootste
wonder dat Hy nie net ons sondaars se sonde vergewe nie,
MAAR dat  Hy ons VERLOS van die sonde. So watter sonde
daar in jou lewe is Hy kan jou verlos Hy kan jou vrymaak en
oorwinning gee
Jesaja 7:14  Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee:
Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom
Immánuel noem.
Matt 1: 20
20  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n
engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun
van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem
nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;
21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want
dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
Romeine 6:23  Want die loon van die sonde is die dood, maar
die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus,
onse Here.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
 
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
 
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 86 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *