Joh 11v33-36

Woensdag 23 Julie 2014 Tema: Ek het gedink….3
****My eie woorde
****Vanoggend sien ons nog ‘n verhaal waar Jesus nie optree
soos die mense gedink het nie, maar ons sien hoe ander se
trane Hom diep in Sy gemoed raak. Hy huil. Ek dink Hy huil so
oor ons wat in sonde voortploeter. Die dood op aarde is die
gevolg van sonde en maar het daardie hoop dat dit eendag vir
ewig uitgewis sal word. My vraag is hoe lank gaan die HERE al
die gruwels duld totdat Hy gaan uitroep “ Dis genoeg!”
Joh 11v33-36
33  Toe Jesus haar dan sien ween en die Jode wat saam met
haar gekom het, ook sien ween, het Hy geweldig bewoë geword
in Sy gees en Hom ontstel 34  en gesê: Waar het julle hom
neergelê? Hulle sê vir Hom: Here, kom kyk.
35  Jesus het geween.36  Die Jode sê toe: Kyk, hoe lief Hy hom
gehad het!
Joh. 11:42  en Ek het geweet dat U My altyd verhoor, maar ter
wille van die skare wat rondom staan, het Ek dit gesê, sodat
hulle kan glo dat U My gestuur het.
Joh. 11:43  En nadat Hy dit gesê het, het Hy met ‘n groot stem
geroep: Lasarus, kom uit!
1Kor 15:54-57
54  En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee
is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul
word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die
oorwinning.55  Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou
oorwinning? 56  Die angel van die dood is die sonde, en die krag
van die sonde is die wet.57  Maar God sy dank, wat ons die
oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
Openbaring 21:4
V4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en
daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en
moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het
verbygegaan.

Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel

vir diegene in RSA

DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 83 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *