Johannes 9:6-7

Dinsdag 22 Julie 2014 Tema: Ek het gedink….2
****My eie woorde
****Verbeel jou, jy is blind… jy wag vir ‘n wonderwerk en dan
word daar modder aan jou oë gesmeer… wat sou ek en jy dink.
Het dit werklik gegaan oor dit wat Jesus aangesmeer het, of het
dit gegaan oor die gehoorsaamheid om in geloof na die bad van
Siloam te gaan. Hoor jy God se stem as Hy jou stuur om te
gaan….. of dink jy dat dit maar jou eie gedagtes is. Jy sien toe
hierdie man geglo en gegaan het… het hy siende terug gekom.
Daar is vele vandag wat fisies kan sien maar geestelik is hulle
nog blind.
Johannes 9:6-7
6  En toe Hy dit gesê het, spuug Hy op die grond en maak klei
van die spuug en smeer die klei aan die oë van die blinde man
7  en sê vir hom: Gaan was jou in die badwater Silóam, wat
vertaal word: Uitgestuur. En hy het gegaan en hom gewas; en
hy het siende teruggekom.
Openbaring 3:18  Ek raai jou aan om van My te koop goud wat
deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy
jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar
word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 77 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *