Klg 3:V21

Woensdag 30 Julie 2014 Tema: Geloof hoop en liefde 3
****My eie woorde
**** Dis vir my so wonderlik dat ek hierdie onderstaande
getuienis gister ontvang wat juis by vandag se boodskap pas.
Die HERE is waarlik goed en groot en wonderbaar ! As ons
sonder hoop is, is God se liefde steeds daar
Klg 3:V21 Dit sal ek ter harte neem, daarom sal ek hoop:
V22 dit is die goedertierenhede van die HERE dat ons
nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde
nie;V23 hulle is elke môre nuut; U trou is groot.
V24  Die HERE is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom
hoop.25 Goed is die HERE vir die wat op Hom hoop, vir die
siel wat Hom soek.26  Dit is goed om in stilheid te hoop op die
hulp van die HERE.
1Tim 1:15
Dit is ‘n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar
word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te
verlos. Van hulle is ek die grootste.
GETUIENISSE en TERUGVOER
LF getuig:
Nadat ek my enkel gebreek het kom daar ‘n mediese rekening aan
van R 9 000 aan. Ek weet nie hoe ek dit gaan betaal nie. Ek bid en vra
God om my te help. Gister kontak ek die Drs se kamers en die dame
en ek verstaan mekaar nie mooi nie. Na die oproep word ek kwaad en
daar lui die foon weer. Die dame sê vir my dat die bedrag niks met my
te doen het nie, maar ‘n saak tussen hulle en die medies is. Die
medies sal die bedrag betaal, hulle het sekere dinge aangevra. Sy sê
toe betaal net R 58.78, dit is wat jy ons skuld.
Ek het my kop in skaamte laat hang omdat ek getwyfel het en kwaad
geword het.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 30 Julie 2014
Veels geluk met jou verjaarsdag! Mag dit ‘’n wonderlike dag vol
genade wees
Olivia Louw 30 Julie
 Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:


Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.


DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.


Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 74 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *