Maklike Rice Crispie koekies

Maak: omtrent 90
Bereidingstyd: 35 minute
Baktyd: 12-15 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
300 ml (275 g) sagte botter
500 ml (425 g) suiker
10 ml vanieljegeursel
2 groot eiers, liggies geklits
625 ml (340 g) koekmeel
500 ml (155 g) droë klapper
500 ml (200 g) hawermout
5 ml fyn kaneel
5 ml bakpoeier
3 ml sout
500 ml Rice Crispies, effens fyngedruk
kleurstrooisels, sjokolade-vermicelli en glanskersies vir versiering

1 Klop die botter, suiker en vanieljegeursel saam tot romerig.

2 Roer die res van die bestanddele, behalwe die Rice Crispies en versierings, by. Roer
die Rice Crispies versigtig deur. Rol die deeg in klein bolletjies en pak dit op gesmeerde
bakplate. Druk dit met ‘n vurk plat. Sprinkel verskillende versierings bo-oor. Bak die
koekies vir 12 tot 15 minute in ‘n verhitte oond. Laat dit vir ‘n paar minute op die
bakplate afkoel voordat jy die koekies op draadrakkies pak om heeltemal af te koel.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 495 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *