Melkkos

+- 1Liter melk
125ml-150ml Water
5ml Sout
300ml Koekmeel
Koue water
Botter
Kaneel of Bruinsuiker

Metode:

Voeg die eerste drie bestanddele in ‘n groot kastrol bymekaar en bring tot kookpunt. Sif die meel en sprinkle koue water liggies oor. Vryf die meel met die vingerpunte tot fyn, dun snysels vorm; lig en dun soos sneeuvlokkies en nie dik swaar kluitjies nie. Laat die snysels liggies in die kookmelk val terwyl dit geroer word. Verlaag die hitte en laat stadig prut, terwyl dit liggies heen en weer geroer word. Wanneer gaar, roer ‘n groot klont botter by.Sit voor met kaneelsuiker of Bruinsuiker en nog melk, indien verlang.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 434 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *