SARDYN BOBOTIE:

Uit Anna Eksteen se boek 10 Bestes

1 sny brood van 50mm dik
250ml melk
2 groot uie, in skyfies gesny
20ml margarien, verhit
25ml matige kerriepoeier
15ml suiker
sout en peper na smaak
25ml wit asyn
2x425g gemaalde sardyne
2 eiers
3-4 lourierblare

1. Week die brood in die melk.  Druk die melk uit die brood, maar behou die melk.  Druk die brood fyn.
2. Soteer die uie in die verhitte margarien tot sag en deurskynend.
3. Voeg die kerriepoeier, suiker, sout en peper na smaak en asyn by en prut dit vir ‘n paar minute lank.
4. Voeg die sardyne en brood by en meng dit goed.
5. Skep die vismengsel in ‘n gesmeerde oondbak.
6. Klits die eiers en melk saam en gooi dit oor die vismengsel.

7.      Steek die lourierblare in die vismengsel.
8.      Bak die gereg 50 minute tot 1 uur lank in ‘n voorverhitte oond by 180C tot die gereg gestol is.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 245 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *