Met vergunning van www.funkymunky.co.za
Braai 2 uie saam met ‘n halwe potjie garlic. (my keuse – kan verminder word)
Gooi 1 pak sampioene by en braai.
Gooi ‘n pak gemengde seekos by en braai vir sowat 5min saam.
Roer by 250ml vars room en 1 pakkie wit uiesop.
Laat dit vir ‘n halfuur prut.
Wenke:
· as jy en jou vriende wil saam kuier om ‘n pot, sal ek ‘n seekos-potjie afraai
· indien jy jou skoon familie moet nooi vir ete, is dit ideaal – sorg net dat daar al kole is as hulle opdaag
· indien jy bietjie variasie wil gebruik, kan jy mossels met die skulp ingooi, of crabsticks is ook goedkoop en baie lekker; stokvis kan ook die potjie bietjie rek
· vermeerder jou room en uiesop saam met die seekos m.a.w. 2pakke seekos; 2 uiesop en 2 room
· jou kole moet redelik koel wees
· dien op saam met rys en Franse brood
(Visited 15,940 times, 1 visits today)
Advertisements
baie mooi. dankie
Groot Plesier.