Sjokolade-Skuimkoffie

Met vergunning www.funkymunky.co.za

5 Ml Warmsjokoladepoeier
5 Ml Kitskoffiepoeier
125 Ml Kookwater
125 Ml Kokende Melk
125 Ml Ekstra Melk
Maak Die Warmsjokoladepoeier En Kitskoffiepoeier Met Die Kookwater
En Kokende Melk Aan. Gooi In ‘N Koffiebeker. Gooi Die Ekstra Melk In
Die Glasbeker Van ‘N Filterkoffieketel (“Plunger”). Verhit In Die Mikrogolf
Tot Louwarm. Gebruik Die Boonste Deel Van Die Koffieketel (Met Die Fyn
Sif Onder-Aan) En Trek Die Handvastel Vinnig Op En Af Sodat Die Melk
Skuimerig Raak. Haal Die Deksel Af En Sit Die Glasbeker Met
Skuimerige Melk Weer Terug In Die Mikrogolf Teen 100 % Krag Vir ‘N
Paar Sekondes. Die Skuim Sal Teen Die Rante Van Die Glasbeker
Oopkook. Skep Die Skuim Op Die Koffie En Sprinkel ‘N Klein Bietjie
Warmsjokoladepoeier Bo-Oor. Sit Voor. Genoeg Vir Een Ruim Porsie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 110 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *