Sjokoladeverrassings

Maak: omtrent 50
Bereidingstyd: 20 minute
Baktyd: 10-12 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
135 ml (125 g) sagte botter
250 ml (295 g) suiker
1 groot eier
375 ml (205 g) koekmeel
10 ml bakpoeier
100 g pekanneute, gekap
250 g M&M- of Mini Astro sjokoladebolletjies

1 Klop die botter en suiker saam. Klits dan die eier by.

2 Sif die droë bestanddele saam en meng dit by die geklopte mengsel in. Roer die neute en daarna die sjokoladebolletjies by.

3 Skep teelepels vol van die mengsel op gesmeerde en gevoerde bakplate. Bak dit vir 10 tot 12 minute in ‘n verhitte oond. Laat die koekies op die bakplate afkoel voordat jy dit van die papier afhaal en in ‘n blik bêre.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 204 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *