Suurlemoen en grenadellalaagkoekies

Maak: omtrent 40 
Bereidingstyd: 45 minute 
Baktyd: 10 minute 
Oondtemperatuur: 180 °C 

250 ml (230 g) botter 
125 ml (65 g) versiersuiker 
15 ml gerasperde suurlemoenskil 
5 ml vanieljegeursel 
335 ml (180 g) koekmeel 
165 ml (95 g) mielieblom bruinsuiker om oor te strooi 

VULSEL 
30 ml grenadellapulp 
65 ml (60 g) sagte botter 
200 ml (105 g) versiersuiker, gesif 

1  Klop  die  botter  en  versiersuiker  saam  tot  lig.  Klop  die  suurlemoenskil  en vanieljegeursel by. Roer die meel en ‘n knippie sout by tot ‘n sagte deeg vorm. 

2 Gooi die bruinsuiker in ‘n mengbak. Rol die deeg in klein bolletjies en laat val elkeen in die suiker en draai dit sodat dit oraloor bedek is. Pak die bolletjies op ‘n gesmeerde en gevoerde bakplaat, met genoeg spasie tussenin. 

3 Bak dit in ‘n verhitte oond vir omtrent 10 tot 12 minute of totdat dit ‘n liggoue kleur kry. Laat dit op ‘n draadrakkie heeltemal afkoel. 

4 Druk die grenadellapulp deur ‘n sif om van die pitjies ontslae te raak. Klop al die bestanddele saam tot goed gemeng. Gebruik ‘n spuitsak en spuit van die vulsel op die plat kant van die helfte van die koekies. Druk die res van die koekies bo-op vas. Sit dit in die yskas totdat dit geëet word. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 115 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *