WORSIE EN KAAS ROL

Kors:
500 ml koekmeelblom
20 ml bakpoeier
2 ml sout
125 g botter of margarien
150 ml melk
Vulsel:
250 g Weense worsies grof gerasper
500 ml gerasperde kaas
50 ml botter of margarien
1 uitjie fyn gekap
7 ml worcestersous
7 ml aangemaakte mosterd
1 eiergeel en 25 ml melk saam geklits
vars gekapte pietersielie en ander kruie

1. Verhit die oond tot 200c. Smeer ‘n bakplaat.
2. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter liggies met die vingertoppe in die meelmengsel in tot goed gemeng.
3. Sny die melk met ‘n slaplemmes in die meelmengsel in terwyl dit geleidelik in ‘n straaltjie bygevoeg word; ‘n taamlike stywe deeg moet ontstaan. Rol die deeg op ‘n meelbestrooide deegplank uit in ‘n reghoek van 35×27 cm.
4. Meng die weense worsies, kaas, botter, uitjie, worcestersous en mosterd goed saam. Smeer die mengsel ewe dik oor die deeg.
5. Rol dit soos ‘n rolkoek van een kort sy af met die vulsel tussenin.
6. Plaas die rol op die bakplaat. Sny die rol in dunnerige skywe met ‘n skerp mes, maar moenie die rol tot onder deur sny nie, die boom moet heel bly. Trek die skywe effens uitmekaar. Verf eiermelk bo-oor.
7. Bak die rol 20 minute tot ligbruin en gaar en sprinkel dan die kruie.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,193 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *