Aankoop en die Bêre van voedsel (‘n Gids vir elke huis – 1956)

Ek lees ek kookboeke soos wat ander mense storie boeke lees. In die boeke, veral die ou boeke kom mens op baie snaaksighede af. Nou die aand lees ek weer Keurige Kos van Susan Naude. 

In die hoofstuk vaan aankoop en bêre van voedsel wil ek graag met julle deel.  Melk Jy moet die melk nadat dit afgelewer is nie te lank op die stoep laat staan nie, aangesien lig die vitamiene in die melk verminder. Dit raak erger wanneer die son begin skyn. As jy die melk van die stoep afhaal moet jy dit in die huis sit in ‘n koel donker plek. As jy nie ‘n yskas het nie, kan jy die melk in donker bottels gooi, en die bottels in ‘n bak donker water sit sodat dit koel kan bly, vêrder moet jy ook ‘n lap oor die bottels sit sodat die lap water kan optrek en die bottels koel hou. 


Nou wonder ek wat sou Susan Naude gesê het as sy vandag se lang lewe melk gesien het. 


Botter – Ja Botter en nie Margarien nie. Botter is ryk aan vitamiene A en moet ook in ‘n donker plek gebêre word. Want lig verminder die vitamiene A. Jy moet net genoeg botter afsny vir elke ete. Jy sal nie agterkom aan die geur en smaak dat daar ‘n verskil aan die botter is nie. Vandag is daar seker baie min mense wat nog botter gebruik.   


Eiers moet dadelik in die yskas gesit word want hulle verloor in 3 dae net soveel varsheid as eiers wat 3 weke in die yskas staan. Die deesdae se eiers staan al baie langer as 3 dae in die winkels.  


Kaas moet met waspapier toegedraai word en dan moet ‘n gomlastiekband om die kaas gesit word om dit vars te hou. Hoeveel geld sou ons gemaak het as ons in daardie tyd Tupperware aan die mense kon verkoop het.  


Geursel ~ Hierdie stukkie moet ek woordeliks aanhaal : “Die prettigste bevrediging van die smaak sentrums word verkry  wanneer ‘n mengsel ‘n aangename balans tref tussen die vier belangrikste soorte smake, nl sout, soet, suur en bitter.” As ek kyk na die woordgebruik kry ek skoon skaam. Maar ek moet se die mense van die 50’s het net geweet hoe om met woorde te toor.  


Bottels souse ~ Die Tannie het beslis nie gehou van gebottelde souse op tafels nie, sy het gesê die souse moet eerder in die kombuis gebruik word met die gaarmaak proses. Witsous se geur en smaak kan verbeter word met die byvoeging van die gebottelde souse.   


Verslanking ~ Die beste deel het ek vir laaste gebêre. Hier moet ek ook gedeeltelik aanhaal, “Om gewig te verloor, moet mens minder eet, want daar is net een ding wat oormatige liggaamsvet laat vorm : te veel kos.” 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 117 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *