Ai hoe koud is dit

Al ooit gewonder wat sou gebeur het as jy in die middel van die koue winter lus geraak het vir ’n sekere groente wat net in die somer verkrygbaar is? Die groente moet dan ook vinnig en maklik gaargemaak word. Gelukkig in die geskiedenis was daar iemand anders wat ook min of meer so gedink het.

Clarence Birdseye ’n taksidermis van beroep, maar ’n kok en kos liefhebber in die hart het in 1886 in Brooklynso gesit en wens dat sy gesin regdeur die jaar vars groente en vrugte kan eet. Hy het die Eskimos dopgehou, hoe weet ek nie, want daar was mos nie TV gewees nie. In elk geval die mense het vis in vate soutwater gesit. Binne minute was die soutwater gevries en die vis het natuurlik lank so behoue gebly.

Al afleiding wat Clarence kon maak is dat die vinnige vries van die voedsel die sleutel is tot die groente se varsheid wanneer die groente weke later ontdooi word en gekook word. In 1923 het Clarence met $7, ’n waaier (fan), soutwater en blokke ys begin om groentes in groot was bedekte bokse te pak, en dan om die groentes vinnig en onder druk te vries. In 1929 verkoop Clarence sy patent aan ’n maatskappy vir $ 22 miljoen.  Nie sleg vir 6 jaar se werk nie. Eers in 1930 het die maatskappy gevriesde voedsel aan die mense van Springfield verkoop onder die naam van Birds Eye Frosted Foods.

Birdseye het nie stil gesit nie en het nog meer uitvindings onder die belt gehad. Verkope van die produk was maar redelik beperk tot in die 1950’s. Na die tweede wêreld oorlog het so ’n paar manne geld gesien in die gevriesde groente afdeling.

Hulle het begin om tweede graad se groente te vries. Die groentes kon hulle dan baie goedkoper aan die algemene mark verkoop het. Al wat die pakke gevriesde groentes opgehad het was, die soort groente en die prys. Die tipe groente was baie gewild gewees aangesien baie gesinne gesukkel het na die oorlog. Die groter vervaardigers het gesien hier kom ’n ding en hulle het onmiddellik begin om hulle produkte te bemark as produkte van hoë gehalte teen lae pryse.

Die vervaardigers het so vêr gegaan en $250 000 spandeer om navorsing te doen oor die voedingswaarde van gevriesde groentes teenoor die voedingswaarde van blikkies groentes. Natuurlik is daar bevind dat gevriesde groentes se voedings waardes hoër is as die van blikkies kos. Dit is maar net my beskeie mening, as die blikkies kos vervaardigers eerste die navorsing laat doen het sou hulle bevind het dat blikkies groentes meer voedings waardes het as gevriesde groente.

Maak nie saak nie. Want dit is een gerief wat ons moderne mens nie meer sonder kanklaarkom nie. Baie min mense kook deesdae nog vars groente. Dit neem tyd, voorbereiding neem soms lank. Wat is nou makliker om ‘n pakkie oop te maak, paar minute in water te sit en dan voort te sit.

Gelukkig het Clarence se uitvinding die lewe vir ons baie makliker gemaak.


Print Friendly, PDF & Email
(Visited 173 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *