Arm Kosse

Om arm te wees as dit nie jou skuld is nie, is nie vir my ‘n skande nie. Mens kan maar sê dat ek eersterangse ondervindinge het van die saak. As die armoede jou vang en jy afhanklik is van ander mense dan is die kos kasse maar aan die leë kant en jy moet doen met wat jy het. Daar is nie meer hierdie vreeslike braaivleise waar jy nog 2 dae na die tyd koue braaivleis eet nie.  

Wat gedoen as jy nie die begroting het om so ‘n ietsie ekstra in die kos kasse te sit nie? Op daardie stadium begin die innovasie eintelik met kosmaak. Dit is wanneer jy regtig begin kook met alles in jou en begin om alles wat jy tot jou besit het optimaal te gebruik.

Een van my goeie vriende wat al ook so ‘n paar keur deur die meule van werkloosheid is (nie sy skuld nie), het sy arm resep gedeel met my gedeel. Hy braai ‘n ui in olie tot goudbruin. Dan kerf hy ‘n koolkop op (kleinerige een). Braai die koolkop saam met die ui. Dit is die basiese resep. Dan kom van alles en nog wat by van wat daar nog in die huis is. Aartappels kan in klein blokkies gesny word en bygevoeg word, of as jy gelukkig is kan jy ‘n green pepper byvoeg en saam met die ui braai. Wortels kan ook in klein blokkies gesny word en bygevoeg word.   As daar dan ‘n ekstratjie in die beursie is word ‘n blikkie boeliebief of pakkie Weense worsies of frankfurters bygevoeg word. Nou kan die deksel opgesit word, en oor stadige hitte kan die spulletjie staan en prut. Die groente het genoeg vogtigheid in hulle om stoom te vorm en water hoef nie bygevoeg te word nie. 

Wanneer die groente sag is kom die sout, peper en ander geurmiddels by. Andries voeg ook Barbeque speserye by. Die kooksel kan alleen ge-eet word as hoofgereg, af as bygereg. Dit is heerlik saam met rys of pap. ‘n Heerlike 5 ster arm resep.  

Partykeer het mens net nie genoeg groente van een soort om gaar te maak nie. Toe kom my eks met die idee vorendag. Kook alle bietjies wat jy het saam. Ek het toe die groentes so gekyk en besef dit kort nog iets en ek het ‘n suur eier sous gemaak en saam met die groente voorgesit. Heerlik.   

Met maalvleis kan ek ook op ‘n goedkoop manier toor. ‘n Mens kan nie elke tweede aand net gewone maalvleis eet nie. So dit is wanneer ek die resepte boek nader trek en begin om weer frikkadelle te maak, of as ek alles het bobotie. Natuurlik so na aan die einde van doe koskas kom daar ook sommer alles in die maalvleis in.  Dit is nie te sê as mens nie geld en of kos het dat jy nie jouself so nou en dan kan bederf nie. 

Ek is mal oor braaivleis. As ek kon maalvleis gebraai het sou ek dit gedoen het. In plaas daarvan om hoender op elke moontlike manier gaar te maak, het ek partykeer ‘n paar stukkies hout in die braaier gesit en dit gebraai. Koningskos. Hoender is nou juis nie dieselfde as ‘n stukkie steak nie. As jy lanklaas so ‘n stukkie braaivleis geëet het, is hoender net so lekker as steak.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 224 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *