Aspersies en Sardientjies

Aspersies is seker een van die gesondste kossoorte wat daar is. ‘n 150 gram porsie van aspersies bevat slegs 20 kalorieë. Hier moet ons net ingedagte hou dat die aspersies gestoom moet word. Wanneer jy botter of slaaisous saam met die aspersies gaan geniet dan is die kalorieë natuurlik nie meer so laag nie.

Wat die eet van aspersies nog so aantreklik maak is dat dit laag in sodium is. Aspersies bevat ook natuurlik baie vitamienis en sure, wat baie goed is vir ‘n mens. Aspersies is deel van die lelie familie, wat verwant is aan uie en knoffel.

 Wanneer mens die kroon plant, dan moet jy glad nie enige resultate verwag voor twee jaar verby is nie. Maar as daardie twee jaar verby is, dan kan jy ‘n redelike oes verwag van die kroon vir die volgende 15 jaar. Aspersies is vir die eerste keer met sukses sowat 2 500 jaar gelede deur die Grieke verbou. Sommige variëteite van die aspersies kan onder die ideale omstandighede tot 25 cm per dag groei.

Om aspersies voor te berei is maklik, want jy kan dit stoom, kook en rooster. Wanneer jy aspersies in die oond rooster kry dit so ‘n neutagtige smaak. Verder vir die avontuurlustiges, aspersies in olie doop en braai op ‘n rooster saam met hulle gunsteling vleis.

‘n Mens kan aspersies in slaaie, sop, rolletjies soufflé en terte gebruik. In een van die interessante resepte wat ek het, kook jy die aspersies in ‘n bees sop, waarna jy ‘n slaaisous voorberei en oor doe gekookte aspersies gooi. Die aspersies word dan oornag in ‘n heerlike slaaisous gemarineer, en die volgende dag bedien op vars slaaiblare.

Aspersies is waarlik ‘n veelsydige kossoort.

Net so veelsydig soos wat die aspersie is, is sardientjies. Eers moet ons kyk hoekom sardientjies so gewild is. Dit is natuurlik ‘n bron van proteïene en kalsium. Sardientjies is ook natuurlik nie net voedsel vir die mens nie maar ook voedsel vir dolfyne en haaie. Sardientjies word veral aan die haaie en dolfyne gevoer wat aangehou word. Met sy mooi vet lyf is hy ook natuurlik ‘n goeie bron van olie en hy kan ook gebruik word as

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 194 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *