Asyn Asseblief

Die Franse noem dit vinaigre – suur wyn. Dit is hoe asyn per ongeluk ontdek is. Die maak van asyn is ‘n eenvoudige proses. Eerstens word natuurlike suiker met die byvoeging van gis verander na alkohol. Daarna is Acetobacter bakterieë verantwoordelik vir die verandering van die alkohol na suur. Hierdie tweede fermentasie proses vorm die asyn.
Deur die eeue heen is asyn gemaak van die molasse, sorghum, vrugte, heuning, bier, stroop, aartappels, beet, malt en graan.  Die proses van twee fermentasie bly presies dieselfde. Eers van suiker na alkohol en dan van alkohol na asyn.
Daar is verskillende tipes asyn wat ons vandag gebruik en elke tipe het sy eie storie. Balsamiese asyn word gemaak deur die druif te kook en dan gaan dit deur ‘n natuurlike fermentasie proses deur die asyn in verskillende vate van verskillende hout te plaas. Daar word geen ander kruie of spesery bygevoeg nie.
Met die maak van mout asyn word die stysel eers verander na suiker en daarna gefermenteer.
Rooi- en witwynasyn word gemaak van geselekteerde rooi- en witwyne wat dan ‘n tweede keer gefermenteer word. Die asyne neem gewoonlik so ‘n bietjie van die smaak en geur van die wyn aan.
Dan kry mens ook rys asyn. Wat rys asyn  uniek maak is dat dit ‘n redelike sagte smaak het en dat dit gegeur kan word met kruie en speserye.
Daar is ook nog appel asyn wat vir verskeie redes in ons huis is.
Deur die eeue is asyn gebruik vir baie dinge. Die Babiloniërs het asyn gebruik om kos in te preserveer. Roomse legioene het asyn gedrink as ‘n verfrissings drankie. Tot Cleopatra het al ‘n weddenskap oor asyn gewen. Sy het blykbaar iemand gewed dat sy ‘n fortuin kanuitdrink saam met ‘n ete. Wat sy toe gedoen het was om pêrels in asyn op te los en toe te drink. Sy het die weddenskap gewen.
Hippokrates het asyn se medisinale waarde ook raakgesien en in die Bybelse tye is asyn ook gebruik vir helende eienskappe. Toe Hannibaloor die Alpe getrek het, het hy vuur om die rotse wat in sy pad is, gemaak. As die rotse dan baie warm is het hy asyn op die rotse gegooi. Dit het veroorsaak dat die rotse kraak en verkrummel.
Asyn kan omtrent vir ewig hou. Aangesien asyn suur is, is dit self preseverend en dit het ook nie verkoeling nodig nie. Gekleurde asyn kanmiskien sy kleur begin verloor maar nie sy smaak nie.  Probeer gerus om verskillende tipes asyne in die huis aan te hou en begin eksperimenteer met die verskillende smake. U kan dalk verras word. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 166 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *