Asyn vir wat?

Met my eerste artikel oor asyn het ek so baie inligting afgekom dat ek noodgedwonge weer ‘n artikel oor asyn moes skryf. In hierdie artikel kan ek nie anders as om asyn se kwaliteite te besing nie. Asyn kan aangewend word vir omtrent enige iets, van skoonmaak tot medisyne.

Om te toets of jy die regte multi vitamines drink moet jy net die vitamien pil in ‘n halwe koppie asyn gooi. Indien die pil oplos in 20 minute kan jy maar aanhou om die vitamine te gebruik. Indien dit langer as 20 minute neem kan jy maar ‘n ander vitamine gaan soek om te gebruik want dan sal die vitamiene nie sy werk behoorlik doen as jy dit drink nie.

Ek het op letterlik honderde gebruike vir asyn afgekom en ek geen net die mees interessantstes hier mee.

  • Spoel jou hare af met asyn nadat jy dit gewas het. Die asyn neutraliseer die alkalie wat die sjampoe agter laat.
  • Gooi asyn in water om vensters mee skoon te maak.
  • Maak jou eie lugverfrisser deur 1 teelepel bakpoeier, 1 eetlepel asyn en twee koppies water te meng. Wanner dit klaar geskuim het gooi in ‘n spuit bottel en gebruik. 
  • Om gras-, tee-, koffie- en vrugte vlekke uit klere te kry week net die klere in volstrekte asyn. 
  • Gooi warm asyn op gras en bossies wat deur die stene kom. Binne ‘n paar dae vrek die gras en bossies en sal nie weer binne ‘n paar maande hulle verskyning maak nie.
  • Om gewig te verloor drink ‘n glas lou water, voor elke ete, waarin een teelepel appel asyn en een teelepel heuning in opgelos is. 
  • Gooi so ‘n paar eetlepels asyn by jou marinade om die marinade meer effektief te laat werk. 
  • Gooi wit asyn in jou skottelgoed water, dit sal jou skottelgoed laat blink. 
  • Om koper skoon te kry maak ‘n pasta van sout en asyn, vryf oor die koper en vee af. 
  • Hierdie een moet met omsigtigheid probeer word. Indien jy allergies is vir seekos, doop die seekos in asyn en eet. Jy sal geen allergiese reaksie kry nie. 
  • Gooi ‘n eetlepel asyn in water waarin vleis gekook word. Die vleis sal so sag word dit sal van die been afval. 
  • Vir sonbrand doop ‘n handdoek in asyn en water en lê oor die brandplekke. Slaap so met die handdoek. 
  • Om weer oemf in ‘n seer lyf te kry gooi 2 koppies appelasyn in die badwater. 
  • Drink ‘n lepel of twee asyn per dag en die muskiete sal nie naby aan jou kom nie. 
  • Een teelepel heuning plus een tepel appelasyn is goed vir rumatiek. 
  • Indien jou motor in die winter buite moet staan maar ‘n mengsel van 3 dele asyn en een deel water. Was dan die venster met die kombinasie. Dit sal voorkom dat ys en ryp op die venster saampak.

Daar is nog honderde sulke rate. Van dit het ek al probeer en dit werk. Omdat mens met ‘n natuurlike produk sit kan dit nie skade aan doen om te probeer nie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,300 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *