Met vergunning www.eposvriende.com
Bestanddele
1 Groot Emmer Met Deksel Wat Lugdig Sluit
|
7 X 750ml Louwarm Water (5¼ Liter)
|
4½ Koppies Suiker
|
10ml Jamaika Gemmer (Lennons Se Produk)
|
10ml Kitsgis (Korrelsuurdeeg)
|
28 Rosyne
|
Metode
1. Meng 10ml Suiker En Die 10ml Kitsgis In 125ml Louwarm Water. Laat
|
Staan Vir 10 – 20 Minute (Todat Dit Begin Gis).
|
2. Voeg Die Suiker By Die Louwarm Water In Die Emmer En Roer
|
Ongeveer 3 Minute (Totdat Suiker Gesmelt Het).
|
3. Voeg Die Jamaika Gemmer , Die Water-, Suiker- En Kitsgismengsel
|
(Nadat Dit Begin Gis Het) By Die Suikerwater En Roer Baie Goed. Voeg
|
Die Rosyne By En Roer Weer Deur.
|
4. Plaas Deksel Op Emmer En Laat Staan In Die Son Om Te Gis.
|
Persoonlik Laat Staan Ek Dit In Die Son Van So Ongeveer 10 Uur In Die
|
Oggend Tot 2 Uur In Die Middag. Dit Is Dan Gereed, Maar Smaak Verskil
|
En Dit Kan Langer In Die Son Gelaat Word Om Verder Te Gis. Onthou
|
Net Om Elke Nou En Dan Die Lug Uit Te Laat, Anders Skiet Die Deksel
|
Af En Jou Gemmerbier Is Daarmee Heen!
|
5. Gooi Die Bier In Houers En Plaas In Yskas Om Verdere Gisting Te
|
Voorkom.
|
Nota:Dit Is ‘N Heel Eenvoudig Resep En Baie Lekker. Ek Moet Egter |
Erken Toe Ek Die Resep Die Eerste Keer Onder Oë Kry, Was Ek Baie
|
Skepties. Hoe Gebruik Mens Dan Nou Medisyne Om Gemmerbier Mee Te
|
Maak? Ek Het Dit Egter Probeer, En Die Resultate Was Verstommend.
|
Selfs Mense Wat Nie Graag Gemmerbier Drink Nie, Het Gesê Dit Is
|
Lekker. Behalwe Vir Die Suiker, Is Dit Ook Nie So Duur Om Te Maak Nie.
(Visited 1,407 times, 1 visits today)
Advertisements