Butternut Sop

Met vergunning www.eposvriende.co.za

Die sop is baie eenvoudig. Die volgende is nodig 

Een groot ui, opgesny 
Halwe koppie botter 
Een groterige butternut, ook opgesny in blokkies Een bakkie maaskaas, gewoon 
Drie hoenderaftreksel 
75 0ml kookwater 
Speserye na smaak, geen sout nie. Die hoenderblokkies en botter het genoeg. 
Ek gooi gewoonlik roosmaryn in wat ‘n baie lekker smaak daaraan 
gee. 

Braai die uie en roosmaryn in die botter tot sag (nie brand nie) Los die blokkies op in die kookwater. 
Gooi die water by die uie en dan voeg jy die butternut by. Laat so kook totdat die ‘butternut’ sag is. 
Gooi nou die maaskaas by. 
Alles moet nou saam versap word. 
As dit te dik lyk, gooi net nog so bietjie kookwater by. 
Draai hitte af tot laag, moet nie laat kook nie, hou net warm. Presto!!!!!!, Reg om te eet!!! 

PS:  As jy nie ‘n versapper (liquidizer) het nie, gebruik jou “masher” 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,012 times, 2 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *