Dennis Golden

Hier is nog een van my stories.

Ek was 72/73 in die valskerm eenheid.

Ek het vriende wat 4 blokke van ons huis gebly het ñ groot familie van 8 boeties 4 susters. Die Goldens. Ek was bevriend met die een broer Wesley en die een net jonger as hy.Dennis. As ek op pas huistoe kom dan was hulle daar en my uniform gelief en hulle vertel van ons strawe physical training.

WESLEY IS TOE WEERMAG TOE EN AAN GESLUIT OM VALSKERM BAT TE WORD SADLY KRY HY Ñ RTU (Return To Unit. Almal wat by die Bats wou aansluit moes eers hulle basies gedoen het by hulle eenhede waarheen hulle opgeroep was. Na Basies is almal wat Bats wou word na Bloem toe om die keurings kursus te gaan doen. Die troepe wat die keuring nie gemaak het nie, is dan teruggestuur na hulle oorpspronklikke eenhede. Vandaar kom die term Return To Unit of tw wel RTU).  

En ons het eendag so gesit en praat. Ek Wesley en Dennis oor die eenheid en hoe straf die kursus is. Sy broer Dennis sè daar en dan ek gaan soontoe en ons lag vir hom. Ek sè jy moet fiks wees boet. Daai selfde dag begin daai man oefen doen gewigte hardloop en ek het ook tips vir hom gegee. En wragtig hy word op geroep slaag die kurses.

Hy is toe grèns toe. Hulle het toe instruksies gekry om ñ mission te gaan doen. Dit was net voor die son sak Hy het laaste in die string gespring uit die vliegtuig. en hy dryf verder weg van die rès. Die ouens op die grond het TB (Tydelikke Basis) GEMAAK EN NIE EENS GEWEET DIE MAN IS NIE DAAR NIE. En toe hy na hulle aan geloop kom in die donker. Het een ou gedink hy is ñ ter en BEGIN skiet. En toe almal daarna. Hulle het eers die volgende dag uit gevind dit was Dennis Golden.

Ek glo nie een van daai manne het daai aand geslaap nie. Ek en Wesley het later nog ñ parabat PIET KRUGER ONTMOET EN HY HET ONS DIE STORIE VERTÈL. SADLY IS HY IN Ñ MOTORFIETS ONGELUK DOOD.

Toe Dennis se familie sy kis oop wou hè toe sè hulle nee. Sy lyk is te erg. Die ergste van alles is hy is met ñ bok kop beret begrawe. Want daar was nie ñ parabat beret nie. HY IS IN WES PARK IN DIE HELDE AKKER BEGRAWE. Ek is tot vandag bevriend met die familie. Sal ook graag wil weet wie saam met hom op daai mission was. 28/03/79. 
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 103 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *