Die Anderkant

Ek het hierdie gedig geskryf in Maart 1990, 6 jaar na die voorval.

Nadat ons Swapo van sy veilige hawe op Cuvelai ontneem het deur Fapla te verslaan 4 Januarie 1984, het hulle terug moes vlug na Lubango waar die Swapo hoofkwartier was. Van Lubango moes hulle byna 300 km stap om by die SWA grens uit te kom. Tien maande later het my kompanie (C Komp 61 Meg Bn Gp) hierdie twee Swapo terroriste gevange geneem net buite die Etosha Wildtuin. Hulle het net opgestaan, hande in die lug, en oorgegee. Hulle blus was uit. Dit was ʼn detachment commander en sy seiner / medic.

Die Anderkant

Vir dae aaneen, moeg en suf
het hul die Boeremag ontvlug.
Vanaf die basis buite Cuvelai
met lyke en wrakke wyd besaai.

Moeg en honger en voetseer
na die kamp op Lubango
met net ʼn handvol mahango
om die honger te besweer.

Daar kon hulle die eerste keer
besin oor die verlies van eer,
versterk word deur propoganda
vanaf radio Luanda.

Daarna opgelei weer en meer te leer
van die Russiese adviseur.
Waar die Kubaanse generaal
reeds die volgende stappe kon bepaal.

Ses maande daarna oor Cassinga
Techamatete, Cuvelai en Ongiva,
met meer vernuf
die vryheids roete aangedurf.

Net wes van Santa Clara,
verby doods gevare,
het hulle die eerste myn geplant.
Goed versteek in die Ovambo sand.

Van hier in kleiner groepe opgebreek.
Hulle wapens versteek
en in die tradisionele krale
gesoek na n veilige hawe.

Hul bevrydings boodskap uitgebrei
en meer steun verkry
van ʼn gewillige gehoor.
Die res blatant vermoor.

Toe rigting gekry
na Andoni vlakte oop,
die Boere te vermy.
En hulle toe daar vasgeloop.

Dit was net sy medic en hy,
toe ons onverwags op hulle afry.
Oorgegee om die dood te vermy.
Vir hulle was die stryd verby.

By die krygsgevangene kamp by Keichanachab met self smaad deur die hek gestap.
Ses jaar uitgedien
voor hy sy saak se vryheid kon sien.

Die verhaal hier uit te leer.
Soldate eer.
Is universeel.

Nie die eindom van ons alleen
maar van soldaat wees – iedereen.
Elk om sy saak te ondersteun.

Soldate na die stryd
het geen reg elkaar te verwyt.
Nie een sal teen homself betoog
die ander te verhoog.
Van hierdie kant of daardie kant,
in soldate sin is ons aanverwant.


© Dawid Lotter
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 100 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *