Die groot breins spoel deur ‘n ander

Ok Sophia Edwards hier kom hy. 

Jy onthou mos van die wurm gala swem episode in die pap ne. Nou ja die kokke wat die wurm geinvesteerde pap moes eet tot daar herhaaldelik gekots en weer geeet en gekots was, het toe mos n bose plan beraam om ons arme onskuldige troepe terug te kry.Met n pas inspeksie voor n welverdiende naweek by die huis besluit hulle toe mos om die plan on werking te stel. Die donderdag middag word daar vir ons die heerlikste kos voorberei.met nagereg en al.Daar word vir ons die heerlikste gestoofde vrugte en vla voorgesit met die ete en ons kan die vla alles opeet by die firebucket vol.


Nou n firebucket is n beker onder jou waterbottel wat amper n liter vat “ek weet, want ek het n paar van hulle gedrink met soutwater in, om gerehidreer te word voor en na n op&ok.; Skuus dit is nou as n paar manne nie geluister het nie en almal die selfde paadjie moet loop ,”soos kpl van der Merwe gese het “paaltjies toe en terug “f*kof”.So kilometer ver, vir so 10 tot 15 keer op n slag.Dan het jy soutwater nodig gehad om weer die lewe terug te kry of om jou sommer te laat opgooi.


Ok terug by die ete.opleiding is klaar vir die dag en ons moet regmaak vir die volgende dag se inspeksie om op pas te kan gaan.Daar staan toe mos so 4 melkkanne met die vla in en die manne drink,so asof hulle bier verniet gekry het.Hulle suip die vla vir die eerste tweede en derde span.Nie my gunsteling ding nie, weerhou ek my daarvan en laat dit verby gaan.Het nog nooit daarvan gehou nie, tot vandag nie ,want ek weet wat dit aan jou doen.


Nou ja, inspeksie is n groot ding in die army,Dit se of jy pas kry of nie. Gaan jy jou ma sien die naweek of nie.Gaan jy jou ma se kos eet of nie.Daai lekker pakkie saam terugbring of in die kamp bly. Alles word uitgehaal met die skoon maak ,spit en polish,bed se kante met skeerroom en twee dixies so hoekig vryf dat jy jou vinger kon sny op daardie kant.Alles word presies uitgepak volgens die kpl se standard, elke bed dieselfde volgorde.Dit word met militere presiesheid gedoen want die ou het n fotogeniese brein.Net een ding uit plek en hy het die verdomde reg om almal se pas te kanseleer.


Onthou wat met soutie gebeur het met die vorige inspeksie, hy werk saam.Self sy eie lap gekry om die badkamers skoon te maak. As jy dink om die badkamer te gebruik ,kry jy net n “I will call Frans for you,go elsewhere.Nou ja hier kom die eintlike storie.In daardie vla was iets in wat geen maag kon verwerk nie. Hier teen 10 uur was alles omtrent reg en ons kon onder ons beddens gaan slaap om dit nie om te krap nie , toe die groot storm op ons toesak.Daar is eers n gekreun, toe n gehol en toe die (skuus) k@kstormloop.Almal hol vir die skoon blinkgevryfde badkamers.Ewe skielik is daar nie plek vir almal nie,die toilette is vol,daar sit drie tot vier manne op die bad se rand, en n paar durf tot die wasbakke aan.Hier is n geskuit van n ander aard.


Ek weet nie wat my in my slaap gesteur het nie ,die gekreun of die reuk nie ,maar ek het my lyf en my geweer gevat en in die wagkamer gaan slaap.Die volgende oggend het die wagte my wakker gemaak en ek is terug na die gang toe.Daar het ek n klompie manne aangetref wat nie goed gelyk het nie.Die hele gang het nog n klankie gehad en noodgedwonge het ons nie pas gekry daardie naweek nie.So het ons en die kokke aardsvyande geword tot ons uitgeplaas is na ons eenhede toe. En die is nie n k@k storie nie.Ek dink tot vandag toe die instrukteurs was in op die plan om ons te reinig van alles wat sivvie was. Tot volgende keer


Print Friendly, PDF & Email
(Visited 149 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *