Een Plaatkoek (Oondpan Koek), Ses Planne

Met vergunning www.eposvriende.com

Klits-En-Bak-Plaatkoek 
375 Ml Strooisuiker 
375 G Sagte Botter Of Volvet-Margarien 6 Eiers 
750 Ml Bruismeel, Gesif 
15 Ml Bakpoeier 
2 Ml Sout 
125 Ml Melk 
10 Ml Vanieljegeursel 

Voorverhit Die Oond Tot 180 °C En Smeer ‘N Oondpan Goed. Voer Uit Met Bakpapier En Smeer Weer. Gooi Die Bestanddele In Die Volgorde Waarin Dit Aangegee Word In ‘N Groot Mengbak. Klits Alles Goed Saam Tot ‘N Gladde Beslag. Skep In Die Oondpan En Bak Vir 25-30 Minute Tot Gaar. Laat Vir 10 Minute In Die Pan Afkoel, Keer Uit Op ‘N Draadrak En Laat Heeltemal Afkoel. 

Lamingtons 
Sny Die Plaatkoek In Die Helfte En Sny Dan In Blokkies. Hou Die Ander Helfte Eenkant Vir Iets Anders Of Vries Vir Latere Gebruik. Sif 750 Ml Versiersuiker En 180 Ml Kakao Saam. Meng 80 Ml Kookwater En 80 Ml Botter. Roer Tot Die Botter Gesmelt Is. Gooi 500 Ml Fyn Klapper In ‘N Vlak Bak Of Bord Uit En Hou ‘N Draadrak Gereed. Doop ¡l Die Kante Van Die Koekblokkies Vinnig In Die Sjokoladesous En Rol Dadelik In Die Klapper. Pak Op ‘N Draadrak Tot Stewig En BÍre In ‘N Lugdigte Houer. 

Partytjiekoekies 
Sny ‘N Halwe Plaatkoek In Klein Blokkies En Pak Op ‘N Draadrak Wat Bo-Op ‘N Skinkbord Staan. Smelt 20 Ml Strooisuiker En 50 Ml Sagte Botter In ‘N Kastrol Oor Lae Hitte Tot Die Suiker Opgelos Is. Roer 500 Ml Gesifte Versiersuiker En 30 Ml Kookwater By. Roer Goed Tot Die Versiersel Glad Is. Voeg Nog ‘N Paar Druppels Kookwater By Indien Nodig. Kleur Dit Met Voedselkleursel En Skep Oor Die Koekblokkies. Laat Staan Tot Die Versiersel Hard Word En BÍre In ‘N Lugdigte Houer. 

Ricotta-Vrieskaskoek 
Sny 1 Plaatkoek In Die Breedte In Drie Ewe Groot Stukke. Klits 200 G Ongegeurde Roomkaas, 200 G Ricotta, 30 Ml Sagte Botter En 80 Ml Strooisuiker Saam. Prut 250 Ml Luukse Vrugtekoekmengsel In 125 Ml Sjerrie Tot Sag En Meeste Van Die Vloeistof Afgekook Het. Laat Afkoel. Meng Met 80 Ml Gekapte Rooi Glanskersies En 125 Ml Gekapte Geroosterde Haselneute. Roer Alles By Die Kaasmengsel In En Meng Goed. Besprinkel Elke Koeklaag Goed Met Sjerrie En Smeer Die Helfte Van Die Mengsel Op Die Onderste Koeklaag Tot In Die Hoeke. Sit Die Tweede Laag Bo-Op En Smeer Die Res Van Die Mengsel Op. Sit Die Laaste Laag Op, Druk Vas En Draai In Foelie Toe. Vries Tot Nodig. Sny Die Koek Net So Gevries In Blokkies En Sit N• Ete Met Koffie Voor Of Bedien As Nagereg Met Sjokoladesous. 

Gebakte Alaska 

Gebruik ‘N Halwe Plaatkoek Vir DiÈ Resep. Koek Wat Effens Gevries Is, Werk Goed Omdat Die Roomys Dan Selfs Minder Smelt. Sny Die Koek In Blokkies Of Druk Sirkels Met ‘N Skondrukker Uit. Besprinkel Elke Stukkie Koek Met Likeur Of Soetwyn. Maak Soveel Bolle Roomys Soos Stukkies Koek Wat Jy Wil Gebruik En Sit ‘N Bol Roomys Bo-Op Elke Stukkie Koek. Sit In Die Vrieskas Tot Benodig. Klits 4 Eierwitte (Teen Kamertemperatuur) In ‘N Skoon Bak Tot Stywe Punte Vorm. Voeg 250 Ml Strooisuiker Lepelsgewys By. Hou Aan Klits Tot Die Mengsel Dik En Blink Is. Voorverhit Die Oondrooster Net Voor Jy Die Gebakte Alaska Wil Bedien. Skep Of Spuit Die Meringue Oor Elke Koek En Roomysstapel En Smeer Elk Heeltemal Toe. (Daar Moenie Enige Roomys Of Koek Uitsteek Nie.) Druk Vinnig Onder Die Oondrooster En Sit Dadelik Voor. 

Vinnige Koekstruif 
Sny ‘N Halwe Plaatkoek In Skyfies En Besprinkel Met Sjerrie. Klop 500 Ml Koue, Vars Room Met 125 Ml Strooisuiker Styf. Skep Of Spuit ‘N Lagie Room Op Van Die Koekskyfies En Rangskik Vars Vrugte, Soos Aarbeie Of Nektarienskyfies, Bo-Op. Sit Nog ‘N Koekskyfie Op En Herhaal Die Room En Vrugte. Sif Versiersuiker Oor En Sit Voor. Vir ‘N Meer Formele Nagereg Kan Jy Koeksirkels Gebruik En Dit Op Die Bord Afrond Met Vrugtepuree En Ekstra Vars Vrugte. 

Griekse Heuningkoek 
Verhit 500 Ml Suiker, 250 Ml Heuning, 125 Ml Suurlemoensap, Die Fyngerasperde Skil Van 2 Suurlemoene, 250 Ml Water En 2 Kaneelstokke Stadig En Sonder Om Te Kook Tot Die Suiker Gesmelt Is. Roer Gereeld. Verhit Tot Kookpunt En Prut Vir 5-10 Minute Tot Stroperig. Sodra Die Plaatkoek Uit Die Oond Kom, Prik Met ‘N Vurk En Giet Die Warm Stroop Oor. Sit Louwarm Voor As Nagereg Of Teen Kamertemperatuur. Jogurt, Met Heuning En Kaneel Gegeur, Is Lekker Hierby. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,261 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *