Efes 5V16

Vrydag 1 Augustus 2014 Tema: Geloof Hoop en Liefde 5
****My eie woorde
Vandag se getuienis sluit hierdie week se tema op ‘’n hoë noot
af. Ons God is groot!
Efes 5V16
16  (AFR1953) en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.
16  (AFR83) Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want
ons lewe in ‘n goddelose tyd.
Open 3V 11  Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat
niemand jou kroon kan neem nie.
1Kor 13:12  Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieël en sien ‘n
raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit
werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten
volle ken soos God my ten volle ken.
V13  En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die
grootste hiervan is die liefde!
GETUIENISSE en TERUGVOER
HN getuig:
Ek wil graag die volgende deel van God se grootheid en genade.
Verlede Donderdag oppad huistoe van die werk af het ek  aan die
slaap geraak agter die stuurwiel. Van die pad afgery, geskrik, stuurwiel
geruk, en dwars  onder ‘n vragmotor ingery. Hy sleep my toe so 400
meter ver voor hy stilhou. Al wat my oorgekom het was effens
whiplash en n verstuite pinkie. God se beloftes is altyd waar. Geen
haar Sal van ons hoof val sonder Sy wil nie. God en al die hemelse
engele was by my. Al die eer en lof aan Hom. Ons dien n lewende
God. Amen.
**** Ek kan net saam getuig nadat ek die fotos gesien hê,  indien
daardie vragmotor net ‘n bietjie aangegaan het was die motor
platgery. Die wiel het reg langs haar motor se voordeur gestop 
Ps 91:11  Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook
al gaan. V12  Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet
teen ‘n klip sal stamp nie.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 1, 2 & 3  Augustus   2014
Veels geluk met jou verjaarsdag! Mag dit ‘’n wonderlike dag vol
genade wees
Piet Rademeyer 01 Aug.
Lee_Ann Alfred 1 Aug
Erna Cunningham verjaar 2 Aug
Hester Jardine 2 Aug
Lizl 2 Aug.
Salome Andrews 3 Aug.
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:


Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.


DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.


Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 52 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *