Frans Scutte se geveg sonder Engels

77381044BT
Basies Heidelberg Seinkorps
Diensplig Windhoek en res van SWA
Kommando Rustenburg en Witbank 13 kampe gedoen tot en met 1994 Klaargemaak as peleton sers

Tydens basies in Heidelberg SeinKorps was daar n boerseun van anderkant Mafikeng se wereld,n groot seun.Ek glo nie hy sal omgee as ek sy naam noem nie,Frans Schutte.HY het in dieselfde gang as ek gekatel.Ons het twee in n kamer gebly en saam met my was n soutie van Johannesburg.Nou Frans was een van daai boerjies wat nie ensels wou of kon praat nie.Hy kon dit nie eers vir selfverdedeging gebruik nie.Dit is donderdag aand en daar word verwoed gespit en gepolish vir die naweekpas.Dit is nou gespoeg en politoer,van stepouts, boots,wapens,knope en alles wat blink en moet blink.

Soutie besluit toe mos dit is nie vir hom nie en gaan kruip al vroeg in die bed,en Frans soek hom.Hy boender vir Soutie uit die bed en druk hom n lap in die hand en vertel hom in sy beste Afrikaans om die toilette te gaan skoonmaak.Soutie maak toe mos die fout en vertel vir Frans in sy onverstaanbare taal (vir Frans) wat hy met die lap moet doen.Frans strip sy moer en tel vir Soutie aan sy nek op en se”Jou Fordsen ,Jou Datsun ,Jou Massy Fergison,Jou Bliksem,en hy laat los.Ek le op die vloer soos ek lag en n bemoerde Frans vra “en wat lag jy”en ek se vir hom,jy weet wragtig niks van engels af nie ,jy kan nie eers in engels vloek nie.

Soutie het so groot geskrik dat niemand daardie toilette daardie aand kon gebruik nie.Hy het almal na 11 eskadron se toilette gejaag om seker te maak ons sn bly skoon.Ek glo nie Frans laat daardie taal tot vandag oor sy lippe gaan nie. Wederom tot ons weer gesels.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 133 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *