Gay

Wanneer , en as my digbundel oor die Bos oorlog verskyn, gaan dit omvattend wees van menswees – soldaatwees – NDP wees. Met een genre het ek n problem. En dit is die Gay genre. Voor my FB vriende geskok uitroep – 


Ek is nie Gay nie. Maar ek het probeer om te dig oor die wye spektrum van die Bos oorlog. 

Die agtergrond daarvan is as volg. Dit het in 1983 op 1 SAI plaasgevind. Ek word aangestel as die president van n raad van ondersoek oor n troep wat n ander troep onwelvoeglik betas het toe laasgenoemde slaap. Samjoor Gerrie Hugo was lid van die RVO.

Ek doen wat gedoen moet word en neem verklarings af en doen kruisondervraging en dies meer. 

Maar my antagonisme teenoor die situasie laat my in so mate in vernederende diepte ingaan, dat oom Gerrie my eenkant toe roep en onder vier oe spreek. Ek n hardegat kaptein wat die army van moffies wil suiwer.

Hy spreek my toe ernstig aan oor die saak, en wys my daarop dat ek nie God se selfaangestelde regter is nie. Dat elke mens die reg het op sy dignitas, ongeag wat die agtergrond. Ek wil nie luister nie, en oom Gerrie dreig om van die raad te onttrek.

Die volgende oggend die troep in die hospitaal, probeer om selfmoord te pleeg. Ek weet daarvan niks maar oom Gerrie kom haal my, se ook niks, en ons ry 3 Mil toe.

Hy vat my tot teen die bed van die troep in ICU, wys na die byna leeggebloeide mens op die bed. Draai om en se net: “Kaptein, dit kon jy gewees het”

Die hele situasie het my diep geruk en sover die fel van oordele n draaipunt in my lewe gebring het. Daarna het ek elke jaar diesulkes, vermoedelik of bevestig geidentifiseer en hulle subtiel onder my vlerk geneem. Hulle het daarvan niks geweet nie.

Daar was geen Gay bashing onder my bevel nie.

As deel van my beskerming aan hulle , het ek self hulle briewe gesensor. En uit die jare 83 tot 88 het ek n kolleksie opgebou van gedigte wat ek geskryf het oor die wroeging van so n mens binne die weermagstelsel.

Maar ek sal nog moet dink of ek die gay genre in die bundle gaan insit. Enersyds kan dit makkers affronteer, andersyds is daar waarde daarin om die hele spekrtum van troep – soldaatwees te skets.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 78 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *