HARTLIKE MACARONI- EN KAASPOTJIES

250g McCan Mixed Vegetables 
3 groot eiers, geklits 
650ml voorbereide, dik witsous, afgekoel 
625ml gaar elmboogmacaroni 
325ml sterk Cheddarkaas, gerasper 
1 bossie sprietueie, met groen stingels en al gekap 
geurmiddels: knoffel- en kruiesout, gemaalde swartpepr en neutmuskaat 
2 groot tamaties, in dun skyfies gesny 

Berei McCain groentes voor volgens aanwysings op verpakking en plaas in ‘n groot mengbak. 
Klop eiers en witsous saam en voeg by groentes. Voeg gaar macaroni, kaas en sprietueie by. 
Geur mildelik en meng deeglik. Spuit 6 groot ramekinbakkies of koppies met olyfoliesproei en plaas ‘n sny of twee tamatie in elk. Vul ramkins met macaronimengsel en eindig met oorblywende snye tamatie bo-op. Bak in oond teen 190°C vir 30 minute of tot ferm en goudkleurig. Laat effens afkoel en dop uit op opdienbord. Bedien met ‘n olievrye gemengde slaai. Bedien 6 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 90 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *