HEERLIKE GROENTEKAASKOEK

1 groot ui, gekap 
250g wit sampioene, gesnipper 
500g gaar McCain Mixed Vegetables 
geurmiddels: Kruiesout en gemaalde swartpeper 
250ml voorbereide witsous, na smaak gegeur 
250g geroomde maaskaas of roomkaas 
65ml Dijon mosterd 
3 eiers, geklits 
10ml fyngekapte knoffel 
20 – 30ml gedroogde vinkelpunte 
325ml sterk Cheddarkaas, gerasper 
1 x 26cm voorbereide, diep volgraan tertkors 

Verhit ‘n braaipan en spuit met kleefvrye sproei. Voeg ui en sampioene by en roer oor hoë hitte tot glansend. Plaas in mengbak en voeg McCain groentes by. Geur na smaak en voeg res van bestanddele – behalwe kors – by. Meng deeglik en giet in kors. Bak in oond teen 190°C vir ‘n uur of tot vulsel goudbruin en ferm is. Die gereg is ryk. Bedien met ‘n olievrye vars mengelslaai. 

Bedien 6 tot 8 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 137 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *