Hollandse Poffertjies

125 g   koekmeel en 125 g    buckwheat meel of  (of 250g koekmeel i.p.v 125 g buckwheat) 
300 ml louwarm melk 
1 eier effens geklits
4 g  kitsgis 
knippie sout 
75 g gesmelte botter 

Meng en sif meel. Meng kitsgis en sout eweredig in meel. Voeg melk en eier by en roer tot gemeng. Bedek en laat rys in warm plek. Verhit pan op plaat (3 – 4) en verf bietjie botter in elke holte. Vul elke holte halfpad met deeg. Wanneer deeg gaar teen die kante is (+- 90 sekondes) en nog rou in die middel, draai om. Bak nog +- 60 sekondes. Verf met botter as gaar en sif versiersuiker oor. Bedien met stroop, room, aarbeie of enige ander lekker sous of bolaag. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 668 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *