Hoofstuk 3 (Vleis) Sosaties No. 2

Neem 3lb (+- 1.5 kilo’s) dikvleis, 2 groot uie, 1 lepel kerrie, 2 onse tamaryn, 1 huisie knoffel, sout, peper en 1 teelepel suiker. Sny die vleis in mooi stukkies, sout en peper dit en sit in ‘n skottel. Trek die Tamaryn in kookwater. sny die uie en knoffel en smeer dit in vet. Gooi nou die Tamarynwater en kerrie oor. Voeg ook die suiker en 2 lepels asyn by en laat 2 minute lank kook. As dit yskoud is, gooi dit dan oor die vleis, roer dit om en laat ‘n dag of langer staan. Braai dit dan. Die sous wat oor die vleis was, moet opgekook word vir sous.

Nota: Tamaryn water kan vervang word met lemmetjie sap as jy nie Tamarind kan kry nie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 186 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *