Hoofstuk 3 (Vleis) Sosysbroodjies N0 1

Neem gerysde brooddeeg en rol dit met ‘n rolstok uit. sny vierkantige stukkies en sit op die een helfte ‘n stukkie sosys. Vou die ander helfte oor en bak dit in die oond.

Nota: 

Sover ek kon aflei is Sosys (Of Sosis) ‘n Nederlandse / Indoniese vleis rolletjie. Soos ons in regte Afrikaans sal sê “Sausage Roll”. Sover ek uit die resep kan aflei is die maal vleis verwerk met alles wat bykom, dan gerol om ‘n ronde langwerpige stuk vleis te vorm. Dit is dan sosys genoem. Om dit maklikker te stel is dit wors sonder ‘n dermpie.

Hier plaas ek ‘n resep vir vleis rolletjies van Thea Eksteen. Ek plaas dit om net die resep van Sosys te plaas. Om Sosys te maak, maak net die maalvleis deel aan.


Vleisrolletjies (Thea Eksteen)
Bestanddele 
2 Koppies Meel 
500 g Margarien
1 t Sout 
1 Eier
2 t Asyn of Suurlemoensap 
4 e Koue Water
1 kg Fyngemaalde vleis (helfte bees & helfte Vark) 
Metode Deeg
Meng deeg en margarien totdat gekrummel. Klits eiergeel, asyn en water. Meng eiermengsel met meel mengsel. Laat goed afkoel voor gebruik.
Metode Vleisrolletjies

Neem deeg en rol uit. Sny kante mooi gelyk. Neem vleis en geur na smaak. Vul versiersak of buis (met geen punt) en vul met vleis. Druk op deeg sodat dit ‘n wors vorm. Rol vleis toe. Sny oortollige deeg af. Sorg dat las onder lê. Sny in verlangde grootte. Smeer eier of melk oor. Sny skuins kepe oor. Sprinkel met braaivleis speserye oor. Bak tot gaar.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 108 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *