Hoofstuk (4) Ryssop

Een hoender sam met ‘n vleisbeen of 2lb (1kg) vleis (fyngesny), 6 bottels water, 2 blaartjies foelie (Sien Woordeboek), 10 naeltjies, 1/4 neut gerasper, 6 korrels Jamaikpeper (aalspice), ‘n klein uitjie, sout en peper. Laat alles 2 uur lank stadig kook. Neem nou ‘n 1/4 pond (125g) gestampte rys en roer dit stadig in die pot met of sonder ‘n bietjie pietersielie.Haal die pot van die stoof af. Klop 4 eiers op in ‘n bietjie gekookte melk en roer dit stadig in die sop. Hou warm, maar moenie weer kook nie. anders sal dit skif. Roer dit kort kort.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 168 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *