Hoofstuk 4 (Sop) Swartbekboontjiesop

Week 1lb (500g) swartbekboontjies oornag. Neem 3lb (1.5 kg), vleis of 1lb (500g) spek en sny dit in klein stukkies daarby. Sit dit in ‘n kastrol met 10 bottels water, 1 blaatjie foelie, 1 fyngesnyde ui, sout en peper en laat dit kook.Roer dit kort kort om tot dit gaar is. Stamp 4 lepels rys en voeg dit saam met ‘n handvol fyn pietersielie by die sop. Twee lepels meelblom kan in plaas van rys gebruik word. 

Nota:

Foelie is die dop van die nutmeg neut wat fyn gemaak word.  Sien Terme bladsy

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 97 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *