Hoofstuk 5 (Vis) ~ Ingelegde Geelbek

Maak die vis skoon, was dit af en sny dit in 5 vinger breë stukke. Sprinkel dit met sout en laat dit omtrent 2 uur lank staan. Droog dit met ‘n doek af en sit dit oop om nog droër te word. bak dit nou in warm vet, sonder meel. haal dit op ‘n skottel uit en laat die vet goed afloop. As dit koud is, word eers ‘n laag vis en dan kerrie- en uiesous in die bottels gepak tot hulle vol is.

Vir die sous word die volgende gekook: 3 of 4 bottels asyn (na gelang van die grootte van die vis), ‘n groot diepbord vol gesnyde uie, ‘n paar lepels kerriepoeier, 1 lepel borrie met asyn aangemaak, 3 of 4 rooi rissies en 5 of 6 lemoenblare. Die uie moet nie pap gekook wees nie. Pak ‘n laag vir laag tot die bottels vol is. Maak die bottel eers toe as die vis goed koud is.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 145 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *