Jesaja 46 V3 ~ Tema1

Baie dankie aan elke persoon wat verjaarsdagwense gestuur
het voor- op- of na- die 16de.  Ek waardeer julle omgee en elke
boodskap was spesiaal. Dit was nou ’n groot bederf
verjaarsdag.
Maandag 18 Augustus 2014 Tema: 1
****My eie woorde
**** Partykeer vergeet ons hoe die Here tot hier toe vir ons gesorg
het, net soos Israel vanouds. Soms dink ek en jy, dit is ons wat na
Hom toe terugdraai, tog is Hy die Een,  wat deur Sy Gees elke dag
by ons pleit daarom dat ons gewete ons aankla. As jou gewete jou
pla…wat doen jy? Maak jy dit af as jou eie gedagtes of redeneer jy
Hom weg…of draai jy om en vra Here help my!!
Jesaja 46 V3 Luister na My, nageslag van Jakob, almal wat oor is
uit die nageslag van Israel, julle vir wie Ek gedra het van julle
geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is.
 V4 Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal
Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en
julle red.
1 Petrus 2 V23 Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe
Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom
wat regverdig oordeel.
 V24 Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra.
Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in
gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle
genees.
 V25 Julle het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle
teruggekom na julle Herder en die Bewaker van julle lewe.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 18 Augustus 2014
Veels geluk met jou verjaarsdag! Mag dit ‘’n wonderlike dag vol
genade wees
Geen bekend
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:

Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.

DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKSontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.

 

Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 94 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *