Longdrop.

Nou Goed; Sampie Stoffberg reken ons moet bietjie minder ernstig wees – so paar ware grappe, of iets snaaks vertel … Laat my toe dink; Destyds in ’79 op Nkongo, vier ons mos ons tweede 40 days … Die eerste was ‘n vals berig, te danke aan PW wat mos die een jaar na twee verander het – nogal terwyl ons daar bo was.
Al ons bier drinkers raak toe goed bevriend met die Coke drinkers, om sodoende ons “twee-bier-kwota” bietjie op te stoot.
Ons grawe ook al ons Mortier-houers uit, wat ons weke gelede al ge-prime het met pynappel-stukke en yeast – toe al goed ge-fermenteer.
Paar manne het ook hul hande gelê op Kaspembe (spelling) – soort van ‘n Owambo witblits.
Daai aand was daar behoorlik gekuier – behalwe vir die arme wagte, wat hul beurt die volgende aand gekry het … saam met ‘n paar van ons … (shame, hoe moes hulle dan voel om alleen te party).
Nou die wat weet, sal verstaan; Kaspemebe (spelling) moet met die grootste respek gehanteer word – dis nie iets soos ‘n bier wat jy sommer so kan afgooi nie.
Een Troep, (van wie se naam bekend is, maar nie gemeld sal word), het mos gedink, HY is ‘n Owambo, of enige iets afkomstig van ‘n Owambo, se baas … En hy hanteer daai gif met die grootste minagting, dit nog tesame met die “ekstra” biere en ons pynappel brousel. Nodeloos om te sê, DAAI aand, het die Owambo geseëvier. Dié troep, (van wie se naam bekend is, maar nie gemeld sal word), se koppie haak mos heeltemal uit. Eers gaan bad hy in onse waterkar. Nadat ‘n paar van ons hom ‘n behoorlike paar klappe gegee het, hol hy so 100 treë, na die Longdrops wat net so 10 treë van ons af was. Daar binne daai Longdrop tent hoor ons net hoe roep hy met so roggel geskree na iemand wat ons nie ken nie – dié ou, wie hy roep se naam het soos Geooorge! geklink … En net daar het hy uitgepaas.
Die volgende môre kom hy na my toe en vra; “ek thoek helf”. “Wat sê jy!?” Vra ek. Hy sê toe; “ek heth my phokken thanne daal innie Longdlop laat phal, helf my om dith uith the haalth”. “Is jy nou bef@k” sê ek – “daar’s nie ‘n manier wat ek in k@k gaan krap nie”. “Nee … NEE!” Sê hy “ek thal in gaanth, julle moeth my net laat thak meth ‘n thou”
Nou ek en Whitey (Freddie) Arnold was dik pelle, en ons sou enigiets vir ‘n makker doen (met nagevolge). En so besluit ons toe om die man maar te help. Kry toe daar ‘n stuk tou, maak dié aan daai perd se enkels vas, druk ‘n torch in sy bek en sê; daarsy, laat jy sak – kop eerste.
Nou, julle weet mos hoe word ‘n longdrop gebou – dis ‘n diep, nou gangetjie. Nie juis baie breed nie … En so laat sak ek en Whitey nou maar vir die Troep (van wie se naam bekend is, maar nie gemeld sal word) stadig in die gat af. Kop onderstebo, torch in die gums vasgeknyp, een arm agtertoe, om vir ons te beduie hoe vêr nog, en die ander arm voorentoe, om die tande netjies uit die k@k pik.
Vir ‘n oomblik dog ek en Whitey dat die ou een of ander aanval kry; hy ruk en pluk en beduie iets met die handjie wat so snaaks agtertoe wys – ek sê toe vir Whitey ek dink hy is nou op teiken en wil hê ons moet stop … En so staan ek en Whitey daar, tou stewig vas in onse hande … En gee mekaar DAAI kyk – julle weet mos daai moedswillige kyk … Sonder om ‘n woord te sê; laat los ons daai tou, en skree “OEPS”!
Nou ja, ons het toe die Troep (van wie se naam bekend is, maar nie gemeld sal word) vinnig daar uitgetrek – die hele stel tande, veilig in sy hand.
WEET JULLE HOEVEEL DAE HET DAAI K@K REUK SAAM MET DAAI TROEP, (van wie se naam bekend is, maar nie gemeld sal word) GELOOP? Lank Manne, baie lank … Maar sy tanne het hy gekry, en elke dag so mooi breë smile vir almal gegee … Hy was darm dankbaar gewees.

As hier 5SAI Manne op dié Blad is, sal julle beslis daai reuk onthou, wat ‘n paar dae tydens die Oggend Parade rondgehang het … Dit was DAAI TROEP, (van wie se naam bekend is, maar nie gemeld sal word) …
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 119 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *