MAYONNAISE BEETVORM:

Hierdie resep kom uit Anna Eksteen se 10 bestes

80g braamjelliepoeier                                                
5ml jelliepoeier
250ml kookwater                                                      
400g ingemaakte beet
200ml mayonnaise                                                     
200ml ingedampte melk
pietersielie vir garnering
1.      Meng die jelliepoeier en gelatien en los dit op in die kookwater.  Laat dit afkoel totdat dit begin stol.
2.      Kap die beet en die inmaakvloeistof in ‘n voedselverwerker op.
3.      Roer die mayonnaise by die beet en roer dit dan by die jellie.
4.      Klits die ingedampte melk totdat dit in volume verdubbel het.  Vou dit in by die beet.
5.      Gooi die beetmengsel in ‘n slaaivorm wat met koue water uitgespoel is.

6.      Verkoel dit totdat dit gestol het, keer dit uit op ‘n bord en garneer dit met pietersielie.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 300 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *