Nog Toebie Vulsels

Met vergunning www.egafrikaans.co.za en www.funky.munky.co.za

Janine
Tuna & Suikermielie broodjies 
4 Volgraan broodrolletjies 
1 Blikkie tuna 
2 Hardgekookte eiers (fyn opgesny) 
100g Geblikte Suikermieliepitte 
30ml Franse slaaisous of mayonnaise 
Aromat 
10 Snytjies komkommer 
Blaarslaai 

 Meng die tuna, eiers, mielies, slaaisous/mayonnaise en Aromat. Sny die rolletjies in die helfte smeer met margarien indien verkies. Plaas die blaarslaai en komkommer op en dan die tunavulsel.

Antoinette le Roux 
Hoender Gesondheidstoebroodjie 
Gaar hoender – fyngesny 
Maaskaas 
Peppadews – fyn gekap – na smaak 
Avokado – in dun skywe gesny 
Meng hoender, maaskaas en gekapte peppadews. 
Plaas op ’n snytjie varsgebakte gesondheidsbrood. 
Plaas skywe avokadopeer bo-op. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swart peper. 
Heerlik ! 


Ria Buytendorp 
TOEBROODJIESMERE 

PROTEïNE 
Kaas & kaassmere 
Neute, grondboontjiebotter 
Kouevleise, wieners 
Eiers 
Boontjies 
Hoender, vis, vleis 
Tunaslaai 

Proteïnsmere 
  • Kaas – – gerasper of gesny met fyn gekapte grondboontjies, vars uie, blatjang of konfyt.
  • Grondboontjies – – Fyn grondboontjies (in pakkies) met rosyntjies gemeng in maaskaas.
  • Grondboontjiebotter en stroop.
  • Grondboontjiebotter met piesang skyfies of appelskyfies of rosyntjies Boontjies – – (in tamatiesous) of gemengde boontjies, fyn gedruk, net so, of gemeng met kouevleis, maalvleis, gekapte uie 
  • Hoender – – in skywe gesny of fyn gepluis met tamatie, blaarslaai of mayonnaise 
  • Eiers – – hardgekook en fyn gedruk met mayonnaise, uie, seldery, fyn blaarslaai, wortel, fyn grondboontjies. 
  • Vis – – meng met bietjie mayonnaise, seldery, meeste groente. 
  • Tuna, sardyne (met of sonder tamatiesous), met mayonnaise en ‘n bietjie suurlemoensap. 
  • Advokadopeer – – fyn gedruk met fyn aartappel skyfies. Dit is njammies 
  • Vleis – – alle soorte, gebak, gekook, bees, vark, hoender, skaap. Sny/kap fyn en meng met vrugte, groente, en’n bietjie blatjang 
  • Lewer – – fyngemaak en meng met fyn eiers, uie en mayonnaise. 
  • Kouevleis met bietjie smeermosterd. Ook met tamatie, blaarslaai en mayo. 
  • Plastiese houertjies met – – stukkies hoendervleis, kouevleis, hard gekookte eiers, seldery, suurtjies (pickles), strokies kaas 
  • Groenslaai – – met stukkies vleis, kaas op broodrolletjies. 
  • Pizzaskyfies, vetkoek met maalvleis, skyfies kaas, yoghurt met vrugte of groente, rou groente (wortels, blaarslaai, komkommer, gherkins, klein tamaties, tamatieskyfies, ens), vrugte van alle soorte 
  • Fyngekapte eier met/sonder mayonnaise 
  • Sardiens, salm- of tunaslaai met blaarslaai 
  • Switserse/Chedder/Soetmelkkaas en blaarslaai 
  • Gevlokte gebakte vis met pietersielie en tamatiesous 
  • Grondboontjiebotter en piesang 
  • Roereiers met blaarslaai 
  • Dun gesnyde hoender met blaarslaai 
  • Chedderkaas met uitgeloopte boontjies Fyn ham en blaarslaai 
  • Marmite 
  • Marmite en kaas Indien verkies kan tamatie ook saam met blaarslaai opgesit word 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 480 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *