Met vergunning www.egafrikaans.co.za en www.funkymunky.co.za
Carin Pienaar
As jy by die see kamp is ‘n heerlike toebroodjie met vis/snoek wat oor is van die vorige aand met bietjie mayonnaise gemeng, van die bestes. As jy fyn wildsvleis het (wat van die bene afgekook is), maak dit ‘n lekker broodjie met ‘sweet chilli sauce’ by of van watter geur jy van hou.
Wilna Rocher
Eier broodjie
Kook eiers, omtrent 1 eier vir 2 toebroodjies Dop eiers af, Meng met mayonaise, sout en peper. Skep dit op die broodjies
Tuna Mayonaise
1 blikkie tuna
Meng met mayonaise en skep op broodjies
Carin Pienaar
Hier is ‘n wilde toebie-mengsel (klink na 7e laan s’n) het dit gister geëet (MAAR ek hou van knoffel!!). 1 Avo, maak fyn, gooi 1teelepel “crushed” knoffel by, stukkie feta (na smaak) met geursel Aromat, peper, suurlemoensap. Baie lekker vir my gewees!
Tanja van Papendorp
Ciabata met ham, kaas, pynappel stukkies, mushroom en mayonnaise! Baie
yumm!!
Wors en Marmite Rolletjies
8 snye dungesnyde brood
10g margarien
5ml Marmite
8 weense worsies
Verwyder korsies van brood. Rol snye brood plat aan kante met deegroller. Smeer dun met margarien. Smeer ‘n dun lagie Marmite oor. Rol elke sny om worsies. Sny rande netjies en verdeel elke rolletjie in drie dele. Steek vas met tandestokkies. Steek oop punte in lemoen en plaas op tafel. Lewer 24 rolletjies.
Eiersmeer
250 g botter
3 hardgekookte eiers, fyngekap
halwe klein ui, fyngekap
25 ml pietersielie/grasui, fyngekap
1 ml sout
1 ml peper
Meng alles saam. Gebruik saam met skyfies ham of gerasperde kaas en/of tamatieskywe.
Kerrie-kaassmeer
200 g botter
25 ml matige kerriepoeier
350 ml gerasperde kaas
40 ml perskeblatjang
125 ml klapper
125 ml room, styfgeklits
Meng botter en kerriepoeier. Voeg kaas, blatjang en klapper by. Vou die bottermengsel by die room in. Smeer dit op soutbeskuitjies.
Snoek en eiersmeer
6 hardgekookte eiers
200 g gerookte, gevlokte snoek
125 ml room, styf geklits
50 ml gladde maaskaas
5 ml worcestersous
2 ml paprika
peper na smaak
Sny eiers in lengte deur en verwyder gele. Maak gele fyn en kap die eierwitte afsonderlik fyn. Meng die gele en witte en voeg die snoek by. Meng dit goed. Meng die res van die bestanddele by. Bêre die smeer in die yskas tot voor gebruik.