PATATKOEKIES MET GEROOKTE SNOEK

500g gaar McCain Sliced Sweet Potato, fyngemaak 
180ml semel-verrykte bruismeel 
‘n groot knippie tafelsout 
2 jumbo eiers, geskei 
125ml melk 
sonneblomolie vir braai 
90ml botter 
1 groot uie, gekap 
750g gerookte snoek, gevlok en grate verwyder sap en skil van 1 suurlemoen 
65ml pietersielie, gekap 

Patatkoekies 
Plaas McCain patats in ‘n mengbak, voeg meel en sout by en meng deeglik. Klits eiergele met melk en voeg mengsel in klein hoeveelhede by patat- en meelmengsel;  roer tot ‘n gladde, dik beslag gevorm is. Klits eierwitte styf en vou dit in beslag. Braai lepelsvol daarvan in vlak, matige-warm olie tot goudbruin en bros aan beide kante. Dreineer deeglik en hou warm. 

Snoek 
Verhit botter in ‘n groot pan en voeg ui by. 
Soteer tot deurskynend en roer snoek, suurlemoensap, -skil en pietersielie ligweg by;  soteer tot warm. 
Bedien met patatkoekies en ‘n vetvrye vars slaai. 

Bedien 6 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 168 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *