PRONTO SEEKOSPAELLA

Resep Kom van McCains af

1 groot uie in blokkies gesny
10ml borrie
150g chorizo of Russiese worsies, in dun skryfies gesny
2 – 4 hoenderborsfilette, in dik skywe gesny
1kg McCain Combo’s Spanish Stir Fry
300ml voorbereide vis- of hoenderaftreksel
400g gerookte skelvis, in blokkies gesny
300g calmari ringe
300g garnale, afgedop (opsioneel) 10 – 15ml fyngekapte knoffel
gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
250ml kersietamaties, gehalveer of in kwarte gesny 125ml grofgekapte basiliekruid of pietersielie

Verhit ‘n groot kastrol en spruit met olyfoliesproei. Voeg ui, borrie en worsies by.

Soteer liggies, voeg hoender by en braai vir 30 sekondes.

Voeg McCain roerbraai en aftreksel by, en meng goed en bedek. Laat 10 minute prut of tot roerbraai gaar is.

Voeg vis en seekos laaste vier minute by.

Vurk res van bestanddele liggies deur en bedien met ‘n kruieryke groen slaai en knoffelbrood.
Bedien 6

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 95 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *