Romeine 2V4

Dinsdag 12 Augustus 2014 Tema: God is geduldig met ons 2
****My eie woorde
**** Weet julle vandag se woord praat weer hard met my en met
elkeen. Hoe lank gaan God die gruwels van sonde duld. Wanneer
mens sien hoe geduldig hy is oor al die verkeerde dinge in die
wêreld, nogtans bly Hy getrou en geduldig want miskien is daar
nog ‘’n siel wat gered kan word. Vers 8 sê waarom ons
ongehoorsaam is … dit gaan oor selfsug, om my sin te kry om te
wys ek is reg. Hoe duur les is dit nie Jesus het swaargekry al was
Hy reg al was Hy die Koning van die heelal het Hy soos ek en jy
‘’n mens geword.. Mag jy vandag Sy hand in jou lewe raaksien .
Romeine 2V4  NV God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid
en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur
sy goedheid tot bekering wil lei nie? 5  Maar deur jou verharding
en jou onbekeerlike hart is jy besig om vir jouself straf op te gaar
vir die oordeelsdag, wanneer God sy regverdige oordeel sal
uitspreek. 6  Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade:7  aan dié wat
in goeddoen volhard en op dié manier soek na ewige heerlikheid,
eer en onverganklikheid, gee Hy die ewige lewe;8  maar dié wat
uit selfsug ongehoorsaam is aan die waarheid en toegee aan die
ongeregtigheid, straf Hy in sy toorn.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 12 Augustus 2014
Veels geluk met jou verjaarsdag! Mag dit ‘’n wonderlike dag vol
genade wees
Morné du Plessis 12 Aug
Linda v d Merwe 12 Aug.
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:


Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.


DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKSontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.


Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 80 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *