Toebie Vulsels

Met vergunning www.egafrikaans.co.za en www.funky.munky.co.za

HOENDERVULSEL 
Meng gemaalde, gaar hoendervleis met gerasperde pynappel en voeg slaaisous, sout en peper by soos nodig.

TAMATIESOUSVULSEL 
Meng gerasperde kaas met tamatiesous. Geur met uiesap soos nodig. 

ROOMKAASVULSEL 
Meng roomkaas met een van die volgende: gekapte, gevulde olywe, gekapte neute, gekapte pietersielie, gerasperde pynappel, gekapte rosyne, fyngekapte ham of hoendervleis, gekapte gemmerkonfyt 

GRONDBOONTJIEBOTTERVULSEL 
Maak grondboontjiebotter klam met slaaisous en meng dit met gekapte dadels, rosyne of droë vye.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 389 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *