Toebrooodjies

Met vergunning van www.funkymunky en www.egafrikaans.com

(Opgedra aan Hilda van 7de Laan! 

Ek besluit toe mos om ‘n toebroodjie-resepteboek aanmekaar te slaan en vra toe vir bydraes. Ek was verbaas om te sien wat mense alles op hulle brood sit! Ek het altyd gedink dat Hilda van 7de Laan se soet-suur-sout-kombinasies weird was maar ek was nie voorbereid op wat ek gekry het nie, sjoe!!! Na dese sal toebroodjies nooit weer dieselfde wees nie. Die kombinasies hieronder is NIE wat ek in my verbeelding opgetower het nie, dis werklike idees van mense wat op my versoek gereageer het, so ek pleit onskuldig! Een ding is seker, toebroodjies sal nooit weer eentonig wees nie!

Wenk (1): Moet nie net lees en sê “JIG!!” nie, probeer van die kombinasies, dalk werk dit net!
Wenk (2): Probeer dit eers self voordat jy dit in manlief of die kinders se kosblikke sit!

Toe ek op laerskool was het ek en een van my maatjies elke dag toebroodjies uitgeruil. Hulle het dit nie breed gehad nie en hy het elke dag met tuisgebakte brood, wat met varkvet gesmeer is en ‘n bietjie peper op, by die skool aangekom.  Ek het  winkelbrood met kaas en konfyt gehad. Ons het uitgeruil en elkeen het soos ‘n koning geëet!!

Ek het in my laai by die werk altyd ‘n groot pak Simba tipe skyfies gehad. As dit dan tyd word om my toebroodjies te eet, het ek die toebroodjie oopgemaak en ‘n laag skyfies opgepak en weer toegemaak. Dit kikker sommer enige toebroodjie op!

Hieronder is toebroodjie-idees, by brood en botter voeg jy by: Piesang met kaneelsuiker; Grondboontjiebotter en kaas; Kaas en tamatiesous; Grondboontjiebotter en spek (bacon) Ham, mayonnaise, tamatie, slaaiblaar en sesame saad; Grondboontjiebotter en heuning; Bruinbrood met avokado en gerasperde biltong bo-op; Vir ‘n verandering, rooster die brood en maak dan toebroodjies Oxo met tamatie en mayonnaise; Tamatie en uie met baie swartpeper; Ham of hoender met tamatie en mayonnaise Grondboontjiebotter en seldery; Soutvleis en mosterd; Hardgekookte eier, tamatie, blaarslaai en ham of spek met mayonnaise Roomkaas en konfyt ; Grondboontjiebotter en malvalekkers ; Grondboontjiebotter met gerasperde sjokolade Bovril en kaas ; Ham, kaas, tamatie en beetskywe; Tuna en mayonnaise ; In Amerika het hulle ‘n BLT toebroodjie, bacon, lettuce and tomato Grondboontjiebotter en marmite; Grondboontjiebotter en mayonnaise; Sardientjies met mosterd en uie; Sardientjies en fyngekapte uie goed gemeng Botter en suiker op vars brood ; Grondboontjiebotter met suiker ; Grondboontjiebotter gemeng met stroop, maak ekstra aan en eet die wat oorbly; Brood en konfyt, strooi dan grondboontjies oor die konfyt en sit die ander sny brood bo-op ; Grondboontjiebotter met uie; Varkvet met tamatie; Beet en kaas; Grondboontjiebotter met konfyt en piesang; Beet en kaas; Beet; hardgekookte eier en kaas; Vissmeer en konfyt ; Aartappelslaai op brood; Mengsel van kapokaartappels, sardientjies en gerasperde kaas Konfyt en mayonnaise ;Botter,;Mrs Ball’s blatjang, gerasperde kaas en uieringe; Varkvet met stroop; Marmite; Grondboontjiebotter en kaas; Piesang en mayonnaise; Piesang en Simba; Kaneelsuiker en stroop; Grondboontjiebotter met piesang en spek (bacon); Vissmeer en mayonnaise; Beet en mayonnaise Grondboontjiebotter en sardientjies ; Vissmeer en aarbeikonfyt; Polonie en stroop; Gesnyde hardgekookte eier, kaas en Marmite; Marmite en avokado met peper en Aromat; Kweperkonfyt met tamatie, sout en peper; Grondboontjiebotter met sout en asyn skyfies (Simba of soortgelyk) Piesang en Marmite; Grondboontjiebotter, piesang en Smarties; Vissmeer en atjar op bruinbrood; Lewersmeer, roomkaas en agurkies; Bovril en kaas op ‘n broodrolletjie; Bovril en mayonnaise; Spek (bacon) en marmalade; Stroop
Grondboontjiebotter,  peper en Aromat Marmite; roomkaas en heuning; Appelkooskonfyt, mayonnaise en sardientjies; Appelkooskonfyt, roereier, sout, peper, tamatiesous Fyngemaakte sardientjies met kondensmelk ; Fyngesnyde knoffel met gerasperde biltong; rondboontjiebotter en slaaiblare; Grondboontjiebotter, kaas en konfyt ; Kaiings op vars brood ; Dadels met kaas ; Slaaiblare en Marmite; Sardientjies met kondensmelk ; Grondboontjiebotter, piesang en mayonnaise; Weense worsies en stroop; Oorskiet pampoen met kaneelsuiker ; Beet en kerrievis ; Marmite, stroop en roomkaas; Stywepap met knoffel en kaassmeer ; Grondboontjiebotter met Marmite en mosterd Simba skyfies met karamelkondensmelk ; Tamatie, mayonnaise, sout en peper Roomkaas, piesang en dadels; Marmite, kaas, konfyt en’n slaaiblaar; Marmite, kaas en slaaiblaar; Konfyt en vars, warm springmielies Simba skyfies en mayonnaise ; Sardientjies en kondensmelk ; Grondboontjiebotter en tamatiesous Beet en mayonnaise; Stroop en Milo ; Botter en suiker ; Bovril en grondboontjiebotter; Bovril en stroop; Pynappel en mayonnaise; Piesang en mayonnaise; Piesang en stroop; Room en stroop; Verkrummelde Flake sjokolade met sout-en-asyn Simba skyfies Vissmeer en mosterd ; Fritos en mayonnaise; Kaas en skyfies appel Maalvleis met pynappel; piesang, klapper en blatjang; ‘n Ekstra lekkerte vir die kinders, vat ‘n selderystokkie en vul die holte met grondboontjiebotter!; Gaan na jou kombuiskas en haal alles uit wat jy op brood kan sit. Begin met een sny brood. Smeer iets op, sit dan ‘n sny bo op en smeer die volgende ding op, hou so aan tot jy so 7 of 8 snye opmekaar het, dan sny jy dit in snye (gewone sny brood- dikte) dan het jy ‘n baie interessante reënboogbroodjie! Botter en tamatiesous! ; Grondboontjiebotter en tamatie; Roomkaas en pynappel ;Grondboontjiebotter en mayonnaise op bruinbrood Marmite, hardgekookte eier en mayonnaise; Room en appelkooskonfyt; Grondboontjiebotter, vanieljeroomys en Kelloggs Frosties bo-op, eet dadelik ; Piesang en mayonnaise; Probeer die een, dis hoog aanbeveel: Lagie Simba skyfies, roomkaas en kondensmelk! ; Grondboontjiebotter en komkommer; Tunavis en Simba skyfies; Ham, roomkaas en blatjang ; Marmite en piesang; Oorskiet boontjies en blatjang. Noudat ek daaraan dink, amper alle oorskietkos is lekker in ‘n toebroodjie, my gunsteling is kapokaartappels en konfyt ; Oorskiet boerewors in skyfies gesny en appelkooskonfyt Aartappelslaai en uie ; Marmite en stroop; Biltong en kaas; Avokado en gerookte snoek ; Bokkoms en druiwekonfyt; Komkommer en Marmite; Simba skyfies, mayonnaise en slaaiblaar; Piesang, kaas en blatjang; Grondboontjiebotter; tamatie, sout en peper Grondboontjiebotter en piesang ; Tamatiesous en mosterd; Bovril en stroop; Biltong en vla! ; Boerewors en marmalade
Grondboontjie botter en “sandwich spread” op witbrood;  Vetkoek met gekookte kondensmelk en piesang; 

As jy al die bogenoemde probeer het, rooster die brood waarmee jy die toebroodjies gaan maak en begin weer van bo af!

Sien jy wat ek bedoel?? Probeer dit eers self voordat jy dit op jou mense se toebroodjies sit!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 222 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *