TRADISIONELE VIS EN SKYFIES

500ml koekmeel 
75ml digestiewe semels 
30ml gemengde, gedroogde kruie 10ml kruiesout 
2,5ml witpeper 
30ml olyfolie 
400ml (2 klein blikkies) sodawater 3 eierwitte 
800g visfilette 
250ml gegeurde koekmeel 
sonneblomolie vir braai 
1kg McCain American Fries 

Sif 500ml koekmeel in ‘n bak en voeg semels, kruie, sout en peper by. Roer en maak ‘n holte in middel. 
Giet olyfolie daarin en begin stadig, van middel af, sodawater byvoeg en werk dit versigtig met ‘n draadklopper of vurk in. Hou aan sodawater byvoeg en roer tot beslag lekker dik, maar nog steeds loperig is. Moenie beslag oorbewerk nie – dit kan rubberig word Indien moontlik, laat beslag ‘n uur staan. Net voor opdiening, klits eierwitte styf en vou in beslag. Doop vis in gegeurde koekmeel en dan in beslag. Berei slegs twee stukke vis op ‘n keer voor. Braai in vlak, matige warm olie, omtrent 4 minute per kant, of tot vis gaar is. Bedien saam met McCain skyfies, voorberei volgens aanwysings op verpakking en ‘n vars, olievrye slaai. 

Bedien 6 


Print Friendly, PDF & Email
(Visited 258 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *